Ons Storie

Deur Die Jare

^

1938

Grace Dieu – Genade van God (Nou Laerskool Kenmare)

  • In 1938 immigreer Pieter Kleinloog en sy broer Nico Kleinloog vanuit Nederland na Suid-Afrika as gevolg van die werkloosheid toé in Nederland. Hulle was net 2 jaar hier toe hulle moes terug gaan na Nederland omdat die tweede wêreldoorlog toe uitgebreek het.Pieter word bevelvoerder van die Irene Brigade, wat ook die inval in Normandië meegemaak het.
^

1944

Hulle keer in 1944 terug en gaan woon in Willoughbystraat 49. Daar word vier kinders uit die huwelik gebore, waarvan ek die tweedeoudste (1946) is en die naam Irene kry (vernoem na die Irene brigade)

^

1953

In ongeveer 1953-54 koop Pieter Kleinloog die grond waarop Laerskool Kenmare nou gebou is, van ‘n Engelse dame mev. Callow.  Dit strek van Frederick Cooper Drive tot die waterreservoir aan die einde van Emdonweg.  Die grond (plaas) het die naam Grace a Dieu gekry, wat beteken Genade van God. 

^

1958

Dit was ‘n pragtige stuk grond met die grootste tuin, groot grasperke en die mooiste  kleure bome (Pride of India). Die tuin het bestaan uit ‘n baie groot grasperk en dan sirkels waar die bome en bankies geplaas was om die idee van kamers te skep.  (Later jare lekker vry- plekkies)

^

1962

Van die huis na die waterreservoir was die grond verdeel deur ‘n laning bome wat dit in twee helftes verdeel het.  Aan die een kant was daar hoenderhokke gebou en aan die ander kant was daar groentetuine, vrugtebome en varkhokke.  Aan die einde van die grond was daar ‘n broeikamer waar elke week duisende kuikens deur ‘n broeimasjien uitgebroei is, en langs die broeikamer, was daar ‘n slagkamer waar die hoenders geslag is. Die werkers huise was gebou teen die waterreservoir se heining.

^

1964

Teen die hele lengte van Emdon weg was daar twee rye Dennebome geplant, wat vir ‘n skouspel, maar het vir baie angs gesorg as hulle aan die brand geraak het!  Aan die anderkant (nou Kersie op die koek) was alles ‘n dennebos tot by Tralee weg.  So ver my kennis strek het dit behoort aan Hall Longmore.  Die huise van nou,  Kersie op die Koek en die Malherbes is eers in 1964 en daarna gebou

^

1968

As ‘n mens by die kliphek  ingery het, was daar  ‘n sirkel met ‘n Alwyntuin in die middel.  ‘n Semisirkel-vormige muur met ‘n poort het toegang gegee tot 3 huise.  ‘n Groot huis in die middel en twee kleiner huise aan weerskante.  Langs die hek was ‘n kamer met ‘n badkamer wat later as ‘n gastekamer gebruik is.  Langs die gastekamer was daar vier motorhuise wat ook as stoorkamers gebruik  is.

^

1970

Dan was daar die mooiste groot 6vt diep ronde sementdam met ‘n windpomp op ‘n sterk boorgat (ure se swemgenot).  Water was volop want daar was drie boorgate op die plaas.  Een by die dam en twee agter langs die broeikamer en by die vrugteboord.

^

1974

In 1964 het die Departement van Werke die stuk grond onteien vir die bedrag van R42 000 vir die bou van ‘n Laerskool.  Begin 1965 verhuis die gesin Kleinloog na Bodensteinstraat.  Daar het egter nog ander gesinne na 1964 tot om en by 1970 op die grond gebly.  Daarna het die bouwerk aan die skool begin met die platstoot van alles.  Boorgate, huise, sementdam, alles. 1974 is Laerskool Kenmare geopen.

Toeka to nou

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop