Drama

Dramatix:  Me. Angela  Sparks  (Selfoon:  078 293 9872)

Plek:  Laerskool Kenmare Skoolsaal

TYD:  Woensdae:  13:45-16:00  (GR. RR-7)

Dramatix drama klasse is vir enige iemand geskik. Of jy nou gebore is vir die verhoog en of jy die skaamste kind is in die klas. Drama is n kreatiewe, pret aktiwiteit wat leerders van dag tot dag n voorsprong gee deur die ontwikkeling van selfvertroue, leierskapvaardighede, konsentrasie en ook emosionele intellegensie. Ons help ook graag met redenaars en kunswedstryd voorbereiding. Kom word deel van die Dramatix familie, vandag nog!

Koor

JUNIOR EN SENIOR KOOR

ALLES IN BELANG EN TOT VOORDEEL VAN ONS KINDERS

By Kennies het ons ‘n pragtige Juniorkoor bestaande uit Graad 1’s, 2’s en 3’s.  Die koor is vol jong, stralende gesiggies met pragtige stemmetjies. Die kleintjies leer elke maand nuwe musiek en word met musiekkennis, bewegingskunde en die noodsaaklike koordissipline toegerus, as deel van hul koorervaring. Op ‘n speelse manier leer en verryk ons die kleingoed in die wonderwêreld van musiek.

Die Seniorkoor bestaan uit stemme gekies vanuit die Graad 4- tot Graad 7-groepe.  Die kinders is toegewyd en ernstig oor hul musiek.  Die koorlede word blootgestel aan musiekverryking, beweging, notekennis, bladlees en dies meer.  Ons bied elke kwartaal ‘n werkswinkel aan met ‘n kundige uit die musiek-en-koorwêreld om te help met verdere verryking en afronding vir kunswedstryde en koorfeeste.

Oudisies vind elke vierde kwartaal plaas en ons moedig ons die kinders aan om te kom deelneem.  Oefeninge skop gevolglik lekker vroeg in die nuwe jaar af.

Die kore neem elke jaar deel aan kunswedstryde en kompetisies asook koorfeeste aangebied deur buurskole.

Ons streef daarna om ‘n huis vir ons musikale Kennie-maats te skep en hulle met ‘n geïntegreerde koor-en-musiek ervaring te verryk om volrond en as wêreldburgers toegerus te wees.

ORGANISEERDERS:

KOORLEIER JUNIORKOOR:
Me Cecile Doubell-Fourie

KOORLEIER SENIORKOOR:

Mnr Anton Pottas

Me Cecile Doubell-Fourie (hulp)

BEGELEIDSTER:
ME. DANIELA PRETORIUS

KOÖRDINEERDERS:
Juniorkoor: Me Swanka Bensch

Seniorkoor: Me Yolande Leach

OPTREDES:
RAK Kunswedstryd
RACA Kunswedstryd
Kultuurfees
Moria Ouetehuis
Môreglans Ouetehuis
Koorfeeste

SUPER 12

OEFENTYE:
Juniorkoor:

Maandag 13:15-14:15

Dinsdag 07:00-07:30

Kunswedstryd

RAK: ROODEPOORTSE AFRIKAANSE KUNSVERENIGING
GR. 1-3: ME. MARIANA GOOSEN
GR. 4-7: ME. RONEL VAN ZYL
GR. 1-3: 10 Leerders mag inskryf per item per graad.
GR. 4-7: 8 Leerders mag inskryf per item per graad.

Redenaars

Laerskool Kenmare  bied jaarliks ons eie interne redenaarskompetisie, Oppie-Seepkis, vir alle leerders van Gr. 1-7 aan.

Ons gebruik die ATKV se temas vir ons redenaars en die sprekers word deur geakkrediteerde beoordelaars beoordeel.  Die ATKV-temas is alreeds jaarliks vanaf Oktober op die ATKV se webtuiste beskikbaar.

Na afloop van die Oppie-Seepkis, skryf ons ‘n skoolspan,  wat uit 18 sprekers bestaan, in vir die ATKV-redenaars in, wat  deelneem aan die eerste ronde van die kompetisie. Sonder uitsondering, het ons jaarliks sprekers wat deurdring na die semi-finaal en ons het ook al sprekers gehad wat aan die landsfinaal deelgeneem het.

Die Super  12-kompetisie is natuurlik die hoogtepunt van die jaar. Die Seepkis-wenners van elke graad van 2022  verteenwoordig Laerskool Kenmare by die kompetisie.  Daar kry hulle ongelooflike blootstelling en staan nie terug vir enige van die ander 21 deelnemende skole nie.

Redenaars is ‘n wonderlike bousteen vir enige leerder.  Dit gaan nie net oor wen nie – die vaardighede en selfvertroue  verryk die kinders en kan altyd verder in die lewe gebruik word.

ORGANISEERDERS:

JUNIORS:  GR.  1-3

  1. KATINKA FETT

HULP:  Sharleen de Beer

SENIORS:  GR. 4-7

  1. SANET BEUKES

HULP: Yolande Leach

BELANGRIKE DATUMS VIR 2022:

OPPIE-SEEPKIS – 21,22 en 24 Februarie

SUPER 12 – 4 en 5 Maart – Laerskool Stephanus Roos

ATKV  – 1ste rondte – 21 – 22 April – Hoerskool Linden

            Semifinale rondte – 11 -12 Mei – Hoerskool Linden

            Finale rondte – 16 August – Buffelspoort

Ons kan nie wag om nog hoër hoogtes te bereik nie!

Revue

Revue is deel van Laerskool Kenmare vir die afgtelope 20 jaar.  Ons groepe is bekend deur die hele land en bereik hoë hoogtes teen groot name. Nie net word daar baie hard geoefen nie, maar daar word gestreef om elke kind as unieke wese te bevorder in dit waarin hy of sy goed is. Revue bied die geleentheid vir kinders om te sing en dans en op te tree in van ons land se grootste teaters.

Ons Junior Frogs bestaan uit leerders Gr RR – Gr 3 en die Senior Frogs is leerder Gr 4 – Gr 7.

 

Organiseerders van Frogs Revue:

Me Ilze Swiegelaar

Me Monique Smith

Me Janae Nortje – Choreograaf

 

Oefentye:

Senior Frogs: Maandae 16:00  –  19:00

Junior Frogs: Woensdae 15:45  –  18:00

 

Deelname aan verskeie kunswedstryde en kompetisies

 

Kontak ons by 082 806 8595  /  084 440 7729 vir meer inligting

Mej Kenmare

MEJ KENMARE

Mej. Kenmare is een van Laerskool Kenmare se glansgeleenthede waar ons dogters vanaf Gr R tot Gr 7 die geleentheid kry om hulle selfvertroue, selfbeeld en entrepreneurskap aan te moedig! 

Laerskool Kenmare spog reeds met die glansgeleentheid  vanaf 22 Oktober 1997 toe dit vir die eerste keer aangebied was.  Daardie aand het ons die voorreg gehad om met bekendes soos voormalige Mej. Suid-Afrika Lorna Potgieter, Voormalige Burgermeestersvrou – Christine van der Schyff en Nasionale Gimnastiek afrigter – Jana Joubert op ons beoordelaarspaneel te spog!  Tydens die aand is Anri Brits as ons Eerste Junior gekroonde Mej. Kenmare aangewys en Carne Meintjies as ons Eerste Senior Mej. Kenmare. Die spogaand het deur die jare net gegroei!

PRYSUITDELINGS JAARVERSLAG:  2022

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop