Rugby

Organiseerder: Ruard van Rooyen (rvrooyen@kennies.co.za)

Organiseerder Welpies: D Stapelberg

Afrigters 2024: 

1ste  –  P du Toit / J vd Walt / R van Rooyen

2de  –  DJ Cope / H Engelbrecht

3de  –  E van der Merwe / D Stapelberg

4de  –  D du Toit / D Venter

0/11B  –  H Mulder / M Meyer

0/11A  –  M Swanepoel / D du Toit / J van Zyl

0/10B  –  D Stapelberg / H Engelbrecht

0/10A  –  DJ Cope / E Ferreira / E van der Merwe

0/9B  –  H Mulder / D Venter

0/9A  –  R van Rooyen / L Conradie

Welpies  –  D du Toit / E van der Merwe / D Stapelberg / H Mulder / D Venter 

Chaperone –  H Engelbrecht 

 

Laerskool Kenmare het ‘n geskiedenis van uitstaande Rugby.  Ons is baie trots op alles wat ons al in die verlede op die rugbyveld bereik het.  Ons doel is egter om voort te bou op die ongelooflike grondslag wat alreeds in die verlede vir ons gelê is.

 

By Laerskool Kenmare streef ons daarna om onsself teen die beste te meet.  Ons het elke jaar verskeie toernooie waaraan ons deelneem, asook talle vriendskaplike wedstryde.  Ons Eerste span, beter bekend as die Swart Masjien, toer elke jaar na Grey Kollege waar ons teen van die beste laerskole in die land meeding in die “Toplay Super Series”.   Ons Tweede span en o/11A-span neem ook deel aan hierdie toernooi. Ons Junior spanne toer elke jaar na Konka waar ons aan strawwe kompetisie deelneem.

 

Die o/9A, o/9B, o/10A en o/10B spanne neem aan hierdie toernooi deel.  Die o/11B, Derde span en Vierde span toer ook elke jaar na Parys waar hulle aan wedstryde teen verskeie skole deelneem.

 

Laerskool Kenmare is gelukkig om deel te vorm van die Super 12 kompetisie.  Hier kry ons elke jaar die geleentheid om teen van die beste laerskole mee te ding. Ons spog met talle trofeës, insluitend Liga wenners, Super 12, Konka en Goue Leeus.

Grey College Super Series

o/11A – Eindig algeheel 3de

2de span – Eindig algeheel 4de

1ste span – Eindig algeheel 2de

 

Super 12

o/9A – 12de

o/10A – Super 12 Wenners

o/11A – 4de

1ste span – Super 12 Wenners

 

*Laerskool Kenmare Rugby eindig algeheel 3de in die Super 12

 

2022 Liga

o/9A – 5de

o/9B – 4de

o/10A – 2de

o/10B – 2de

o/11A – Liga Wenners

o/11B – Liga Wenners

4des – Liga Wenners

3des – Liga Wenners

2des – Liga Wenners

1stes – Liga Wenners

 

Goue Leeus

o/10A – verloor in Goue Leeus Semi Finaal

o/11A – Goue Leeus Wenners

1ste – Goue Leeus Wenners

 

Laerskool Kenmare spog in 2022 met 20 seuns wat Goue Leeus rugbyspanne verteenwoordig het:

o/12 (11 seuns) o/13 (9 seuns)
Jayden Lubbe o/12A Llewellen Lourens (Cravenweek kaptein)
Dianco Booyens o/12A Ethan Kruger (Cravenweek)
Reinhardt Bell o/12A Caleb Henriques (Cravenweek)
Jaydon Fairlie o/12A Jayden Nel (Cravenweek)
Henré de Bruin o/12A Martin Opperman o/13B
De Waal Bekker o/12A Rikus Brink o/13B
Wikus Marais o/12B Dewald du Preez o/13C
Jordan Coetzer o/12B Juhan Thompson o/13C
Ben de Jager o/12B Ethan van Zyl o/13C
Alexander Leibbrandt o/12B
Jeandre Barnett o/12B

 

 

Laerskool Kenmare is baie trots op die volgende seuns wat gekies is om die Goue Leeus 0/13 7’s groep te verteenwoordig.  Dit is ‘n besonderse prestasie.  

MARTIN OPPERMANN  

LLEWELLYN LOURENS      

ETHAN KRUGER                 

CALEB HENRIQUES

 

 

Laerskool Kenmare lewer elke jaar talle provinsiale spelers op:

Jaar o/12B Leeus o/12A o/13 15 Tal o/13 Cravenweek
2005 Mauritz van Rooyen
2006 Chris Massyn
2007 Chis Massyn
2008 Gavin Delport CJ Conradie
Hein-Nico Kloppers
2009 Thomas Meyer Divan Coetzee
LW Meyer
Henro Liebenberg
Stefan van der Walt
2010 LW Meyer Henro Liebenberg
Thomas Meyer
Reinhard Nothnagel
Stefan van der Walt
2011 JC Fenchham Ulrich Booysen
2012 Zihan Coetzee
Henry Fourie
Sarel Joubert
Dian Oosthuizen
2013 Sarel Joubert Zihan Coetzee
Dian Oosthuizen Henry Fourie
2014 Brandon Beukes Luan van der Walt
Ruan Delport
2015 Janco Hoffman Zihan Bensch Brandon Beukes Luan van der Walt
Martin Smit Jaco Bezuidenhout Marco Bezuidenhout
Bertie Venter Ruan Delport
2016 Cole Basson Cian de Villiers Wian Botes Zihan Bensch
Theo van der Merwe Marcéy de Waal Jaco Bezuidenhout
Zain Henery
Jadé Powell
Divan Spangenberg
Tian Vorster
2017 Stephan Uys Ryno Bosch Tian Vorster
Christi Botes Deon de Jager Theo van der Merwe
Kelvin van Wyk Waldo Brummer Cian de Villiers
Migael de Lange Divan Spangenberg Zane Henery
Marcéy de Waal
Niel Aikman
Jade Powell
2018 Kiyan Pretorius Kelvin van Wyk Stephan Uys
Dewan Koen Migael de Lange Christi Botes
Loewieke Roolvink Ulrich van der Westhuizen
Francois Venter
2019 Jhuvann Graaf Meyer Opperman Kiyan Pretorius
Zander Prinsloo Dewan Koen Loewieke Roolvink
Ruan de Jager Dylan Vorster Albert Smit
Raheem Schieffer Jeandré Badenhorst
Dean Hartman Daniël Joubert
Albert Smit
Gideon Diedericks
Wian Storm
Ewan van der Walt
Viandré van Loggerenberg
JP van der Merwe
Corné Botha
2021 Caleb Henriques *Goue Leeus:
Jayden Nel Ewan Beukes
Llewellen Lourens Kean Lourens
Martin Opperman Jayden Waldick
Dewald du Preez John Grubb
Juhan Thompson
Ethan Kruger
Rikus Brink

Spelers wat verkies is om as kaptein van Goue Leeus spanne op te tree:

2009 Gavin Delport (Leeus o/12)
2015 Jaco Bezuidenhout (Leeus o/12)
2016 Tian Vorster (Leeus o/12)
2018 Christi Botes (o/13 Cravenweek)
2018 Kiyan Pretorius (Leeus o/12)
2019 Albert Smit (Leeus o/12)
2019 Dewan Koen (Leeus o/13 15 tal)

Laerskool Kenmare se rugbyspelers blink nie net uit in die 15-man formaat nie, ons lewer ook talle provinsiale 7’s spelers op:

Jaar Leeus 7’s
2017 Ryno Bosch
Divan Spangenberg
Marcéy de Waal
Ruan Sutherland
Hanno Venter
Deon de Jager
2018 Christi Botes
Stephan Uys
Kelvin van Wyk
2021 Ewan Beukes
Jayden Waldick
John Grubb
Jared Coetzer

Spanne wat Goue Leeus Superliga wenners was vanaf 2015:

2015 o/11A
2016 o/9A
o/10A
o/11A
2017 o/10A
1ste span
2018 o/9A
o/11A
1ste span
2019 o/11A

Spanne wat Super 12 gewen het:

2013 o/9A (B-liga)
2017 1ste span (A-liga)
2018 1ste span (A-liga)

 

krieket

Organiseerder: DJ Cope (djcope@kennies.co.za)

Organiseerder Dogters: L Mellet

Organiseerder Mini-Krieket: A Hodgkinson

 

Afrigters 2024: 

1ste  –  DJ Cope / L Conradie

2de  –  R van Rooyen / J van Zyl

3de  –  J van der Walt

0/11B  –  D Venter

0/11A  –  M Swanepoel / D Staepelberg

0/10B  –  M Meyer

0/10A  –  E Ferreira / E van der Merwe

0/9B  –  H Engelbrecht

0/9A  –  D du Toit / H Mulder

Dogters  –  L Mellet / A Oelofse / M van den Berg / C van Aarde / C Coetzer

0/7 –  C Muller / M v d Berg / C Francisco

0/8 –  D Stapelberg / DJ Cope / D Venter / A Hodgkinson

AMP –  E van der Merwe

AMP –  H Mulder

​​Kenmare krieket is van ‘n hoë gehalte. Ons bied vir ons kinders die beste moontlike afrigting, sowel as genoegsame speeltyd. Al ons spanne vanaf, 0/9A tot 1ste span, toer elke jaar na verskillende plekke om teen die beste skole in die land mee te ding.

Ons spog met van die beste moontlike afrigters wat ‘n groot passie het vir die sport.

FASILITEITE

Ons is bevoorreg om 8 nette tot ons beskikking te hê waarin ons seuns kan oefen. Ons het ook twee bowlmasjiene wat ons gebruik tydens ons oefensessies. Ons kolfblad word in die seisoen in twee dele verdeel. Die senior- en junior spanne het hul eie blad waarop hul wedstryde plaasvind.

KENMARE KRIEKET AKADEMIE

Ons bied op woensdag en vrydagmiddag, ekstra oefensessies aan ons kriekersterre. Ons het ‘n junior, sowel as senior afdeling. Die juniors is groepsessies wat die basiese vaardighede van krieket vir die seuns leer en is vir Gr.R – tot Gr.2 leerders. By die seniors Gr.3-7 werk ons hard aan spesifieke vaardighede, waarin die seuns wil verbeter.

 

GAUTENG SPELERS

  • Billy van Zyl (2016 : 0/13) Kaptein
  • Divan Bosman (2017,2018 – 0/12 en 0/13)
  • Corné Botha (2018,2019 – 0/11 en 0/12)
  • André van Niekerk ( 2018,2019 – 0/11 en 0/12)
  • Sage Pretoruis (2018,2019 – 0/11 en 0/12)
  • Wander Roolvink (2021 – 0/13)
  • Laerskool Kenmare lewer ook elke jaar ‘n groot persentasie spelers op in die Krugersdorp, Gauteng-Wes en Gauteng-Regional-spanne.

 

DIE VOLGENDE AFRIGTERS IS BETROKKE BY GAUTENG regional,  GAUTENG-wes en krugersdorp-SPANNE:

Mnr. Peter du Toit (Voorsitter van Gauteng-Wes-krieket)

Mnr. DJ Cope (Gauteng-Wes en Gauteng-Regionals)

Mnr. Ruard van Rooyen (Gauteng-Wes)

Mnr Laurentius Conradie (Gauteng-Wes)

Mnr Domenic Stapelberg (Krugersdorp)

Mnr Dewald du Toit (Krugersdorp)

GAUTENG-WES-KRIEKET LIGA

Vriendeskaplike Liga

2021

 Neem ons 1ste span deel aan die Trinity National Festival waarvan hulle 4 uit 6 wedstryde gewen het

2022

Neem ons 1ste span krieket deel aan Grey Kollege se Baby Bash Krieket toernooi waarvan hulle 6 uit 7 wedstryde wen. Die 1ste span het ook vir Grey Kollege twee keer gewen op die toernooi.

 

Super 12 kompitisie

Laerskool Kenmare neem ook deel aan die Super 12 A-Afdeling kompitisie. So lyk ons uitslae by Super 12

2015 B-Afdeling wenners

2018 0/11 Super 12 Wenners

Algeheel Naaswenners van Super 12

2019 0/11 Super 12 Naaswenners

1ste Span Super 12 Wenners

Algeheel Wenners van Super 12

 

Krieket verslag Junie – Julie 2022

0/9
Jubaweni Toer

  • Kenmare vs Wierdapark, wen met 43 lopies.
  • Kenmare vs Lynnwood B, wen met 22 lopies.
  • Kenmare vs Lynnwood A, verloor met 127 lopies

Ramkat-fees

  • Kenmare vs Horison, wen met 250 lopies
  • Kenmare vs Ram, wen met 8 paaltjies
  • Kenmare vs Muldersdrift, verloor met 8 paaltjies.

0/10
Jubaweni Toer

  • Kenmare vs Lynnwood B, wen met 98 lopies
  • Kenmare vs Impala, wen met 6 paaltjies.
  • Kenmare vs Lynnwood A, verloor met 10 paaltjies

 

Ramkat-fees

  • Kenmare vs Horison, wen met 9 paaltjies.
  • Kenmare vs Ram, wen met 110 lopies.
  • Kenmare vs Muldersdrift, wen met 76 lopies.

 

0/11
Super 12

  • Kenmare vs Randhart, verloor met 7 paaltjies
  • Kenmare vs Tzaneen, wen met 9 paaltjies.
  • Kenmare vs Orion, wen met 228 lopies
  • Kenmare vs Mooirivier, verloor met 157 lopies
  • Kenmare vs Menlopark, wen met 8 paaltjies
  • Eindig in 9de plek.

 

Seccies
Ramkat-fees

  • Kenmare vs Muldersdrift, wen met 133 lopies.
  • Kenmare vs Ram Uitnodiging, verloor met 6 paaltjies
  • Kenmare vs Ram, wen met 133 lopies

 

1ste Span
Super 12

  • Kenmare vs Constantiapark, wen met 4 paaltjies
  • Kenmare vs Hennopspark, wen met 6 paaltjies.
  • Kenmare vs Kruinsig, wen met met 5 paaltjies.
  • Kenmare vs Kollegepark, wen met 8 paaltjies.
  • Kenmare vs Mooirivier wen met 40 lopies
  • Kenmare vs Menlopark, verloor met 4 paaltjies
  • Eindig in 2de plek

 

Ebbies Six a Side Toernooi

  • Kenmare vs Khosa, wen met 55 lopies.
  • Kenmare vs Mullies B, wen met 89 lopies.
  • Kenmare vs Monument, wen met 14 lopies.
  • Kenmare vs Mullies A, wen met 46 lopies.
  • Kenmare vs Monument, wen met 1 lopie.
  • Wenners van die toernooi

Netbal

Organiseerder: Adine Arendse

Organiseerder Hulp: M van Rooyen

Organiseerder Mini-Netbal: S de Beer

Organiseerder Admin: K May

 

Afrigters 2024: 

0/13A  –  Lin-Marie Mellet / A Adriaanse

0/13B  –  Mariska Kruger

0/13C  –  Tekara Fourie

0/12A  –  Michelle van Rooyen / Mekayla Wessels

0/12B  –  Chrizelle van Aarde

0/12C  –  Monique van den Berg

0/11A  –  Charlize Coetzer

0/11B  –  Tanya Viljoen

0/11C  –  Tylo Myburgh

0/10A  –  Jo-Ann Meintjies

0/10B  –

0/10C  –  A Fett / Y van Wyk

0/9A –  Sharlene de Beer

0/9B –  Laconique van Wyk

0/9C –  Annelie Oelofse

0/8 –  Hoof Margo de Waal

0/8A –  Izandi Potgieter

0/8B –  Karmi Pretorius

0/8C –  Yolaine Burger

0/7 –  Hoof Linda Pretorius

0/7A –  Anel Ferreira

0/7B –  Clarise Francisco

0/7C –  Lené Basson

Senior Netbal: o/10 – o/13

By Laerskool Kenmare streef ons om aan elke dogter die beste geleenthede te gee. Dit bly ‘n reuse voorreg vir enige dogter om aan netball deel te neem.

  • Netbal is ‘n ideale spansport waar ons dogters nie net hul fiksheid- en vaardigheidsvlakke ontwikkel en verbeter nie, maar kry elke dogter ook die blootstelling om kompeterend deel te neem en die uitdagings wat voorkom, te trotseer en te hanteer.
  • Lewenswaarde en -vaardighede, soos deursettingsvermoë, toegewydheid, lojaliteit, spanwerk, sosialisering, die hantering van sukses en teleurstelling en sportmanskap, vorm deel van elke Kennie-netbalspeelster se afrigting en toegerusthheid vir suksesvolle deelname!

Wat Kenmare Netbal bied:

  • Deelname aan kompetisies/ vriendskaplike wedstryde en liga
  • Kenmare neem tydens die eerste kwartaal deel aan verskeie vriendskaplike wedstryde as voorbereiding vir die Super-12-reeks sowel as die JOMO-Liga waaraan ons deelneem.
  • Netbalproewe vind jaarliks plaas en ons streef daarna om elke dogter die geleentheid te gee om deel te wees van Kennie-Netbal en om haarself te verbeter.
  • Afrigters van Laerskool Kenmare word aangemoedig om gereeld afrigtingskursesse en skeidsregting- werkswinkels by te woon om sodoende hulself op hoogte te hou van nuwe tegnieke en moontlike nuwe interpretasie van die reels van die spel. Alle afrigters moet die SASN-skeidsregterseksamen aflê en slaag en moet hul streeks- en provinsiale gradering in stand hou en poog om dit te verbeter.

 

Oefentye:

Senior spanne oefen ten minste 3 middae per week vanaf 14:30 – 16:00.  Oefendae word via afrigters aan ouers en leerders gekommunikeer.

JOMO NETBAL
UITSLAE POEL- A 2022

(O/12 & 0/13)

POEL A POEL A
10 A 10 B
KENMARE 3DE PLEK KENMARE 5DE PLEK
POEL A POEL A
11 A 11 B
KENMARE 5DE PLEK KENMARE 4DE PLEK
POEL A POEL A
12 A 12 B
KENMARE 6DE PLEK KENMARE 4DE PLEK
POEL A POEL A
13 A 13 B
KENMARE 5DE PLEK KENMARE 3DE PLEK

atletiek

Organiseerder: C Lindeque

Organiseerder Hulp: D Stapelberg

Organiseerder Admin: J Potgieter

Spanbestuurders 2024:

Karmi Pretorius – Jnr. Dogters

L van Wyk – Jnr. Seuns

S Beukes – Snr. Seuns

P Laidlaw – Snr. Dogters

Afrigters 2024: 

Naellope  –  P du Toit / D Badenhorst (Jnr.) / T Fourie / J Potgieter

Middelafstande  –  C Lindeque / Y Botha

Verspring  –  L Mellet / E Ferreira / C van Aarde

Spiesgooi  –  D du Toit / J van der Walt

Diskus  –  R van Rooyen / M Swanepoel

Hoogspring  –  H Engelbrecht / D Venter

Gewigstoot  –  C Coetzer / E van der Merwe / M de Bruin

Hekkies  –  D Stapelberg / H Mulder

 

Atletiek by Laerskool Kenmare vind gedurende die eerste en vierde kwartaal plaas.

Aan die begin van elke jaar word daar reeds op die eerste skooldag uitdunne gehou om die top 12 naelloop-atlete in elke ouderdomsgroep te bepaal.  Hierdie atlete ding teen mekaar mee tydens die huissport wat plaasvind op die eerste Vrydagmiddag nadat die skole heropen het.  Tydens die huissport is alle leerders welkom om aan die velditems en langafstande deel te neem.

Na afloop van die huissport, word ʼn voorlopige span saamgestel om aan die vriendskaplike byeenkomste deel te neem. Op Maandag- en Dinsdagmiddae word daar weer uitdunne gehou om die span vir die volgende byeenkoms te finaliseer.

Die uitslae van al die vriendskaplike byeenkomste word in ag geneem wanneer die jaarlikse skoolspan gekies word. Tydens dié byeenkoms, wat gewoonlik die tweede week van Februarie plaasvind, kan leerders deurdring na die Cluster-byeenkoms. Hierna kan atlete ook kwalifiseer om aan die Distrik-, Gauteng- en SA-kampioenskappe deel te neem.

 

Tydens die derde kwartaal word daar weer uitdunne gehou vir die jaarlikse massa-byeenkoms. Die doel hiervan is om alle leerders ʼn geleentheid te gee om aan die byeenkoms deel te neem. Uit die byeenkoms se A-wedlope word ʼn span gekies wat gedurende die volgende week aan ʼn vriendskaplike byeenkoms deelneem. Na aanleiding van hierdie vriendskaplike byeenkoms, asook die eerste kwartaal se uitslae, word daar dan ʼn span gekies om in Oktober aan die jaarlikse Super 12-atletiek byeenkoms te gaan deelneem.

Huissport spanne.

Span Kleur Van
Bokmakieries Swart A-I
Kiewiete Wit J-R
Kokkewiete Oranje S-Z

 

 

Laerskool Kenmare bied die volgende atletiek items aan:

  • Naelope (60m, 80m, 100m, 150m, 200m)
  • Middelafstande (600m, 800m, 1200m, 1500m)
  • Hekkies (70m, 75m, 80m, 150m, 200m)
  • Gewigstoot
  • Verspring
  • Hoogspring
  • Skyfwerp
  • Spiesgooi

 

Laerskool Kenmare spog graag met die volgende:

JAAR KRUGERSDORP SPAN D2 SPAN GAUTENG KAMPIOENSKAPPE DEELNAME SA’S
2018 39 22 22 2
2019 36 22 22 2
2020 80 27 27 6

Laerskool Kenmare SA atlete.

2018 2019 2020

Chanelle de Swardt

(1200m)

Goud

Chanelle de Swardt

(1200m)

Goud

Chanelle de Swardt

(800m)

Christi Botes

(Spiesgooi)

6de

Albert Smit

(Gewigstoot en Skyfwerp)

3de

Anzelle de Roubaix

(Hoogspring)

Cornè Botha

(Spiesgooi)

Albert Smit

(Skyfwerp en Gewigstoot)

Llewellyn Lourens

(Gewigstoot)

Jaydon Fairlie

(100m)

Laerskool Kenmare Victrix en Victor Ludorum

2017 2018 2019 2020
Stephany Geldenhuys Chanelle de Swardt Chanelle de Swardt Chanelle de Swadt
  Christi Botes Albert Smit Albert Smit

Victor Ludorum

  1. Stephen Smit
  2. Hugo de Villiers
  3. Franco Oosthuizen
  4. Franco Oosthuizen
  5. Hannes Botha
  6. Jean de Wilde
  7. Ruan Marais
  8. Jan Heinrich Storm
  9. Magnus Geldenhuis
  10. Magnus Geldenhuis
  11. Rinus Bothma
  12. Rinus Bothma
  13. Rinus Bothma
  14. Johan van der Merwe
  15. Rohan Geldenhuis en Nico Geldenhuis gedeel
  16. Evert-Gerard Rautenbach
  17. Renier Spamer
  18. Daniel Mulder
  19. Renier Spamer
  20. Johin J.van Rensburg
  21. Henro Liebenberg
  22. Conrad Barnard
  23. Marchelle Stapelberg
  24. Edrich Alblas
  25. Cian de Villiers
  26. Cian de Villiers gedeel met Kelvin van Wyk
  27. Cian de Villiers gedeel met divan Bosman
  28. Christi Botes

 

 

Atletiek verslag
Ons jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms het vanjaar plaas gevind die 14 Januarie. Dit was vir ons ongelooflik lekker om dit weer vol te kan aanbied. Die formaat het ons toegelaat om ‘n optog te kan hê waar die kinders hulself kon uitleef en dit is mos waaroor dit gaan. Die byeenkoms was uitgesaai op DigiTV-kanaal en die ouers kon die jaar dit bywoon. Ons het geleentheid gebied vir elke graad 1 Kennie om voor hulle ouers te kon hardloop asook die optog beleef. Atletiek span van 6 atlete per item is gekies wat aan ons eerste byeenkomste deelgeneem het. Ons vriendskaplike byeenkomste teen Laerskool Fairland en Laerskool Helderkruin was beide lekker geleenthede en ons atlete het goed presteer. Laerskool Kenmare het die Cluster gehou waar daar 5 skole kom kuier het. Kennies het weer goed presteer en ons het ‘n 118 Atlete in die Cluster span gehad waarvan 80 van ons atlete in die Krugersdorp Kampioenskappe deelgeneem het. 46 van die Kennie atlete het aan die D2 kampioenskappe gaan deelneem, waarvan daar 22 Atlete aan die Gauteng kampioenskappe deelgeneem het.

Hier is van die atlete wat plekke behaal het by die Gauteng kampioenskappe.

Ruben van Wijk 1st 70m Hekkies
Milaya Pentz 7de 150m
Jean – dré Barnett 2de Aflos
Dianco Booyens 9de discus, gewigstoot
Henré de Bruin 1st 150mh (nuwe rekord), 2de aflos.
Jaydon Fairlie 1st 150m , 2de 100m, 2de aflos
Liandri Kriel 3de 800m
Ethan Kruger 3de Spiesgooi
Llewellyn Lourens 4de discus, gewigstoot
Jayden Nel 5de discus
Reinhardt Bell 9de Spiesgooi

Kennies spog dan met 5 atlete wat aan die SA kampioenskappe in Potchefstroom gaan deelneem.
• Ruben van Wijk
• Jaydon Fairlie
• Henré de Bruin
• Liandri Kriel
• Ethan Kruger

Sa uitslae 2022

 

Ruben van Wijk 2de 75mh
Jaydon Fairlie 5de 100m
6de 150m
Goud in die aflos
Henré de Bruin 4de plek 150mh
Liandri Kriel 8st in 800m
Ethan Kruger Deelname

Baie geluk en baie sterkte aan hierdie atlete.
Atletiek groete Mnr Laurentius

Tennis

Organiseerder: M Kruger

Organiseerder Hulp: A van Staden

Laerskool Kenmare het ‘n uitstekende tennisprogram wat beskikbaar is vir alle leerders. Dit spog met hoë gehalte toerusting, Privaatafrigting en interaktiewe balvaardighede om die maksimum gehalte afrigting beskikbaar te stel. Ons tennis word privaat afgerig deur Marcel Grobberlaar, die eienaar van Child Active Tennis.

Tennis beïnvloed leerders se hand-oog-koördinasie, verbeter spiertonus,  verhoog reaksietye, verbeter metaboliese funksie, sowel as algehele fiksheid en  is geskik vir leerders van alle ouderdomme en vaardigheidsvlakke.

Ons tennisspelers word verdeel in twee groepe, naamlik die oefenspan en die ontwikkelingspan. Die oefenspan fokus op spel en die verbetering van  speltaktiek. Die ontwikkelingspan fokus op bal- en raketvaardighede, sowel as  basiese reëls.

Die oefen span oefening tye is:

Maandag: 14h00 – 15h00 @ Noordheuwel Tennisklub
Woensdag: 14h00 – 15h00 @ Noordheuwel Tennisklub (Busvervoer word deur die skool voorsien)

Die oefentye van die ontwikkelingspan is slegs op Woensdae:
Gr 1-2: 13h15 – 13h45 @ Laerskool Kenmare
Gr 3: 13h50 – 14h30 @ Laerskool Kenmare
Gr. 4-7: 14h30 – 15h30 @ Laerskool Kenmare

Vir enige navrae kontak
Juf Mariska Kruger op krugerm@kennies.co.za

Gholf

Organiseerder: L Conradie

Organiseerder Hulp: M Swanepoel / T Myburgh

Laerskool Kenmare is trots daarop om jaarliks ‘n Super 12 Gholfspan te kan kies.  Die gholfspan bestaan uit 4 leerders, wat reeds oor goeie gholfvaardighede beskik.  Spelers gebruik eie afrigting en word bestuur deur mnre. Laurentius Conradie en Marinus Swanepoel.  Kennies beoog om in 2022 ‘n liga te begin waar ons meer geleentheid vir meer spelers kan bied en om op die baan te kan speel en kompeteer.  Die gholfprogram sluit in deelname aan Super 12 en verskeie ander geleenthede wat geskep word vir kompeterende deelname.

Super 12 uitslae:

    • 2021 – IPS & Zero voorgee 16de
    • 2020 – Geen Super 12
    • 2019 – 3de Zero voorgee 5de IPS – Afdeling
    • 2018 – 4de Zero voorgee 6de IPS – Afdeling
    • 2017 – 9de Zero voorgee 3de IPS – Afdeling
    • 2016 – 7de Zero voorgee 10de IPS – Afdeling
    • 2015 – 7de Zero voorgee 10de IPS – Afdeling

Hokkie

Organiseerder: A Roode

Organiseerder Hulp: Y Botha

Organiseerder Mini-Hokkie: D Badenhorst

 

Afrigters 2024: 

S0/13A  –  T Myburgh

S0/11  –  M Passano / T Fourie

D0/13  –  Lin-Marie / Chantel Lindeque

D0/12  –  Y Botha / C Swart

D0/11  –  D Badenhorst / E Miller

D0/10  –  P Laidlaw / M de Bruin

Mini 0/9A  –  A de Bruin

Mini 0/9B  –  A van Staden

Mini 0/9C  –  L du Plessis

Mini 0/8  –  K Pretorius / M de Brui

Mini 0/7  – I Potgieter / Y Burger / Y van Wyk

Mini-Hokkie Seuns  –  D Badenhorst / L van Wyk / T Myburgh / A Fett

Hokkie is ‘n sportsoort wat baie vaardighede vereis, fisies,sowel as intellektueel.

By Laerskool Kenmare wil ons graag kinders ontwikkel en aan hulle geleenthede bied om op ‘n hoër vlak deel te neem.

Ons spog met beide seuns- en dogterspanne, wat jaarliks deelneem aan die Gauteng-Wes-liga.  Ons Eerste-spanne neem ook deel aan die Super 12-reeks.

Kennies het jaarliks verteenwoordigers in  verskeie D2-spanne, wat aan die ‘Northern Regional’- toernooi deelneem.  Ons afrigters is ook betrokke by die afrigting van Distrikspanne.

Ons onderneem jaarliks toere en woon kursusse by om spelers en afrigters se vaardighede op te skerp en verder te ontwikkel.

Spanprestasies 2018:

o/10A Dogters – Semi-finaal

o/11A Dogters – D2 ligawenners

o/13A Dogters – Semi-finaal

o/11A Seuns – D2 liga-naaswenners

o/13A Seuns – D2 liga-naaswenners

 

Individuele prestasies 2018:

Die volgende leerders het Gauteng-Wes verteenwoordig:

Nienke Immelman
Lisa Combrink
Anzel Marais
Elané Strydom
Chanique Marais
Andrio Stadler
Charl-Louis van Niekerk
Cobus Bosman
Christiaan Retief
Rynu Roode
Hanru Olivier
Rigardt Eksteen
Kyle Sterling
Liam du Toit
Brandon Gouws

Hokkiespelers van die jaar 2018:

Dogter – Anzel Marais
Seun – Hanro Olivier

Spanprestasies 2019:

o/10A Dogters – D2 liga-naaswenners

o/11A Dogters – Semi-finale

o/12A Dogters – Liga naaswenners

o/11A Seuns – Liga-naaswenners

o/13A Seuns – Liga-naaswenners

Individuele prestasies 2019:

Die volgende leerders het Gauteng-Wes verteenwoordig:

Marné Bekker
Kaylee du Plooy
Teané de Jager
Danielle van der Merwe
Erin Engelhardt
Hanri Pretorius
Alec Brink
Xavier Nel
Ewan van Tonder
Charl-Louis van Niekerk
Mighaël Janse van Vuuren
Tian de Beer
Andrew Lambert
Morné Herbst
Rynu Roode
Liam du Toit
Hanro Olivier
Keagan Bruwer

Brandon Gouws

 

Hokkiespelers van die jaar 2019:

Dogter – Hanri Pretorius
Seun – Mighaël Jansen van Vuuren

 

Individuele prestasies 2021:

Die volgende leerders is verkies tot die Gauteng-Wes hokkiespan:

Mari van Tonder
Vinitha da Veiga
Janné du Plessis
Liandri Kriel
Luan Silvo
Rikus Brink
Anrich du Plooy

landloop

Organiseerder: C Lindeque

Organiseerder Hulp: Y Botha / *L Basson / *M Wessels

*Slegs byeenkomste

 

Landloopoefening vind dwarsdeur die jaar plaas en leerders word aangemoedig om gereeld te oefen. Die amptelike ligaseisoen vind in die derde kwartaal plaas. ʼn Landloopspan word gekies wat Laerskool Fairland verteenwoordig by die ligabyeenkomste.
Op individuele vlak kan leerders vir die D10-Gauteng en SA-span in aanmerking kom.
Landloop … Wat is Landloop? Landloop is die hartklop van elke ander aktiwiteit wat ons daagliks aanpak. Die oeroue gesegde sê nie verniet, ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees nie!
Landloop is dié sportsoort waaraan enige kind kan deelneem, hetsy met die duurste drafskoene, Tommy-tekkies of kaalvoet. Dit is die Sportsoort waar eerste kom, nie die alfa en omega is nie. As jy die wedloop voltooi, of jou tyd verbeter, dan is jy ‘n wenner!
Met vandag se gejaagde leefstyl, kry ons kinders min kans om van frustrasies, hartseer en teleurstellings ontslae te raak. Hardloop is ‘n baie goeie uitlaatklep!
By Kenmare werk ons hard om dié grootste landloopspan in die Distrik op te bou. Elke kind is spesiaal en belangrik! Die landloopseisoen begin net voor die wintervakansie met ‘n massa-landloopbyeenkoms, waaraan elke Kennie deelneem. Of jy stap, draf of hardloop, die wedloop word voltooi. Die byeenkoms stel ons in staat om ons potensiële landlopers te identifiseer… en net dalk besef iemand dis eintlik “lekker”.
Landloopligas word deur die distrik bepaal. Daar is maksimum van drie ligabyeenkomste per seisoen. Dus is die seisoen kort, maar kragtig. Die byeenkomste vind plaas by skole wat die geskikte perseel het vir so byeenkoms, bv. Laerskool Bekker, Laerskool Hekpoort ens. Die roete is gewoonlik deur die veld en bulte op en af. As atlete kwalifiseer neem hulle aan die D2 Kampioenskappe deel. Hier word die top 6 gekies om ons Distrik by die Gautengkampioenskappe te verteenwoordig.
Landloopoefentye is op Maandag, Dinsdag en Donderdag van 16:00 – 17:00 op die B-veld en almal is welkom (Slegs 3de kwartaal). Oefening word juis later aangebied om leerders, wat ander sportsoorte beoefen, ook kans te gee om oefening by te woon. Ook die atlete wat
privaatafrigting ontvang of self tuis oefen, kan aan die byeenkomste deelneem.
Kom probeer dit! Dalk is jy mal daaroor!

Skaak

Organiseerder: S Bensch

Organiseerder Hulp: SJ Breytenbach / *Y Burger

*Slegs Byeenkomste

 

Skaak (Persies šāh, van Schah = Koning, dit wil sê die naam vir die koninklike spel) is ‘n strategiese bordspel vir twee spelers.  Die huidige vorm van die spel het in suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong.

Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel.

Skaak word gespeel op ‘n vierkantige bord wat verdeel is in agt rye en agt kolomme, met 64 individuele blokkies wat tradisioneel lig en donker gekleur is.  Elke speler het 16 stukke, wat bestaan uit agt pionne, twee torings, twee lopers, twee ruiters, een dame en een koning. Elke stuk skuif op sy eie manier. Die twee kante word onderskei deur kontrasterende kleure. Die doel van die spel is om die koning van die opponent in skaakmat te plaas.

Georganiseerde skaakkompetisies het in die 16de eeu begin en het sedertdien aansienlik ontwikkel. Alhoewel dit nie ‘n Olimpiese sport is nie, word skaak wel deur die Internasionale Olimpiese Komitee as ‘n sport erken.  Die eerste amptelike Wêreldskaakkampioen, Wilhelm Steinitz, het sy titel in 1886 verwerf.

By Laerskool Kenmare neem ons graag deel aan ‘n wye reeks toernooie om ons leerders die nodige blootstelling aan die unieke sport te gee. Ons neem deel aan die Super-12 skaaktoernooi, Stryd van die Skaakreuse, Distrik Individuele skaaktoernooi, Distrik Groep- ligatoernooi.  Ons gaan ook vanjaar aan  “Die stryd van die skaakreuse” deelneem wat in Maart plaasvind.  ‘n Span van 7 leerders (Graad 4-7) word gekies om die skool te verteenwoordig.  Dit word aangebied deur SJ Skaakakademie.

In 2018 het ons 0/9 -span die Gauteng-kampioenskappe bygewoon en ‘n algehele 12 de plek behaal. Ons het ook 4 0/9 leerders gehad wat die top 7-posisies by die Distrik Individuele Finale verower het. Hierdie leerders was:

Bernard du Toit

Ivan Vrey

Divan van Schalkwyk

Stefan Jansen van Rensburg

Groepsklasse vind Maandae plaas in Juffrou Swanka se klas( T2) 15h40 tot 16h40 vir alle leerders gr1-7.

Mnr SJ Breytenbach is die afrigter. Hy bestuur ook ñ privaat Skaakakademie waarby leerders kan inskakel teen R350 per maand. Hierdie lesse word Woensdae ook in kamer T2 aangebied.

Kontakbesonderhede:

SJ Breytenbach

0825633430

Mini Sport

MINI HOKKIE

By Laerskool Kenmare loop hokkie koors hoog.  Seuns en dogters vanaf Gr. 1-3 word aangemoedig om hokkie vaardighede te ontwikkel en ‘n liefde vir hierdie sportsoort te kweek. By die oefeninge word klem gelê op die basiese vaardighede om hul gereed te maak vir senior hokkie.

Mini-hokkie is verseker nie “mini” by Laerskool Kenmare nie,. Nagenoeg 140 leerders het hierdie jaar deelgeneem aan oefeninge en verskeie wedstryde. Bekwame afrigters geniet dit om hierdie hokkielyfies te ontwikkel!

Gr. 1-3 Hokkie oefentye:

Dinsdae & Donderdae: 30:00-14:00

 

MINI KRIEKET

  • Die Mini-Krieket bestaan uit twee ouderdoms-groepe naamlik die 0/7 en 0/8 seuns.
  • Elke groep het 3 afrigters.
  • Die afrigters fokus daarop om die seuns se krieketvaardighede te ontwikkel.
  • Die seuns speel op Woensdae wedstryde.
  • Elke seun kry die geleentheid pm te speel.
  • Die seuns geniet die Mini-krieketoefening baie.

 

MINI NETBAL

Mini-Netbal is een van die hoogtepunte van die kwartaal, waar die die dogters van die grondslagfase die geleentheid kry om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel. Die opgewondenheid is groot.  Die dogters neem vir die eerste paar weke almal deel aan vaardighede voordat die wedstryde begin.

Die dogters neem deel aan Mini-Netbal aande en ook “festivals” soos deur die Distrik gereël.  Dit beteken dus die dogters speel in ‘n span waarin die posisies geroteer word en die klem word geplaas op genot en deelname.  Spanwerk en spangees word ook deur hierdie tipe sport ontwikkel.

Die dogters maak hier sommer lekker maats en geniet hierdie spansport terdeë.

Saam is ons ‘n Kennie wenspan.

 

WELPIE-RUGBY

Oorsig van Welpies

Ons doelwit by die Welpie-Rugby is om seker te maak dat elke seun ‘n regverdige kans kry by die oefening , sowel as om dieselfde hoeveelheid tyd op die veld deur te bring met wedstryde. Daar word nie spanne gekies nie maar seuns word eerder in groepe verdeel by verskeie afrigters. Die rede hiervoor is om ons seuns holisties te ontwikkel in rugby en ook almal ‘n regverdige kans te gee.

Oefening

Dinsdae: 13:30-14:30

Donderdae: 13:30-14:30

Afloop na oefening

Alle seuns bly na oefening agter binne die skoolterrein totdat ouer/voog die seun ontvang.

0/7 – Speel en oefen in welpie formaat (7 spelers aan ‘n kant).

0/8 – Oefen in 15-tal formaat en sal deelneem aan welpie dae asook 15-tal wedstryde wat deur gegee sal word.

Wedstryde

Wedstryde sal plaasvind vanaf die tweede kwartaal. Briewe sal vroegtydig uitgestuur word aan ouer en die seuns sal dit ook in die klas briewe ontvang, die briewe bevat al die inligting van die wedstryde.

Wedstryde strek oor ‘n tydperk van 20 min wat twee helftes van 10 min is, daar mag slegs 7 spelers op die veld wees tydens ‘n wedstryd , die res van die seuns is dan op die reserwebank en sal ingeruil word deur die verloop van die wedstryd sodat daar vir elke seun ‘n gelyke geleentheid geskep word.

0/7 en 0/8 spanne gaan beide deelneem aan welpie dae.

multi-Sportsentrum

Kenmare-Multi Sportsentrum

Iets, wat eens op ‘n tyd net na ‘n droom gelyk het, het vir Laerskool Kenmare en sy Gemeenskap ‘n waarheid geword toe ons op 24 Augustus 2022 amptelik die deure van die Kenmare-Multi Sportsentrum ge-open het. 

 

Na 2 jaar van beplanning, stene neerlê, sien hoe mense en borge van ons Gemeenskap saam staan en dieselfde drome en visies het vir ons skool, is Laerskool Kenmare in oorvloed geseënd om te kan sê dat ons die eerste Laerskool in die Wesrand is wat kan spog met  so ‘n Sport Sentrum!

Ons hoop dat die Kenmare Multi-Sport Sentrum vir elke leerder, personeellid en die Kenmare gemeenskap groot vreugde en herinneringe bring!

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop