By Kennies weet ons kinders en personeel hoe om voluit te leef met passie en gees! So tussen al die skoolwerk deur, is daar tog tyd vir ontspan en sosiaal verkeer!
By Kennies leer ons dat ons omgee harte altyd moet skyn, dat ons moet uitreik na ander, en dat kind wees die belangrikste ding op aarde is! KENNIES LEEF LIEFDE!
Ons glo daaraan dat die “kleiner” dinge in die lewe gevier moet word. Uitreik na ons gemeenskap, opstaan teen boelies, om die liefde te vier op Valentynsdag en die Lente in die lig te verwelkom, is maar net ‘n paar van ons “feesdae” hier by Kenmare.
Met groot opgewondenheid tel ons jaarliks die dae af tot ons Kenniefees, op die dag kry families die geleentheid om heerlik saam te kuier. Die kinders gaan mal op die speelpark en waaghalsige rite, en daag selfs die Onderwysers uit om op ‘n paar te gaan! Op dié dag kry ons die geleentheid om na van ons land se beste gaskunstenaars te kyk!
Ons Kaskardag is elke kind se droom! Shhht…maar om die kans te kry om skool te mis en heeldag in ‘n kaskar rond te jaag en uit te vind hoe goed ‘n modderbad vir jou is, dis mos waaroor kindwees gaan!
BY KENNIES IS ELKE DAG ‘N FEES!