Omsendbrief Julie 2022
INTERNE SKAAK REEKS
Die doel van die Interne Skaak Reeks is om die kinders nog geleenthede te gee om skaak te speel en ook om Skaak te bevorder. In die Skaak Reeks gaan daar 3 spanne wees van 7 spelers. Die drie spanne is soos die liga spanne se ouderdoms groepe nl 0/9, 0/11 en 0/13.. Met meeste van die Sportsoorte speel die Spanne/skole een wedstryd per week en die idee is om dit met die Skaak ook te doen.
DAAR MOET ASB VIR SOVEEL AS MOONTLIK KINDERS DIE GELEENTHEID GEGEE WORD OM TE GAAN SPEEL. DIT GAAN NIE OOR OM DIE BESTE SPAN TE STUUR NIE!!! Die hele reeks gaan oor SKAAK ONTWIKKELING!!! Daar is BAIE KINDERS wat deur die JAAR nie ‘n kans kry nie. GEE ASB HULLE KANS!!
Ek weet dat daar by party skole en ouderdoms groepe nie so baie kinders is nie, maar probeer dan net om die kinders wat wel daar is te stuur om te gaan speel. Dit beteken vir die kind baie om net te sê hulle het vir die skool gespeel.
Die volgende Skole is betrokke by die Interne Skaak Reeks:
1 Ls Horison
2 Ls Muldersdrif
3 Ls Krugersdorp Noord
4 Ls Roodekrans
5 Ls Kenmare
6 Curro Krugersdorp
Die Interne Skaak Reeks begin in die Week van 1 Aug en hou op in die week van die 29ste Aug. Wanneer u skool se naam eerste is by die bepalings dan is u skool die gasheer vir die middag bv. Muldersdrif vs Horison. Muldersdrif is die gasheer vir Horison.
Die Skaak Organiseerders kan self met mekaar reël op wat se middag in die spesifieke week gaan hulle teen mekaar speel. Op die Whatsapp groepie is al die betrokke Skaak Organiseerders en hulle kontakbesonderhede. Ek is ook daar om te help op die groepie. Die Skaak Organiseerders moet asb al die nodige reëlings tref vir die wedstryd soos bv: briefies vir ouers, vervoer ens.
In ‘n middag moet elke kind 2 rondtes speel nl een keer wit en een keer swart. Die eerste Rondte speel die Gasheer Skool Wit (alle spelers) en dan die tweede rondte almal swart. Die middag moenie langer duur as 90min nie.
Hier is ‘n voorbeeld van ‘n Program wat julle kan gebruiik nl:
13:45 Aankoms van Skool
14:00 Rondte 1
14:45 Rondte 2
15:30 Eindig van Middag
Indien ‘n Skool skaak horlosies het kan julle die skaak horlosies op 20min/20min stel. As ‘n Skool skaak horlosies het vat dit maar saam, is nie verpligtend om met dit te speel nie maar kan help om by julle program te bly. Skaak Organiseerders kan self besluit of hulle wil met die holosies speel of nie.
Indien ‘n skool nie genoeg kinders het nie, stuur wat u het en dan moet julle maar roteer by die skool. Van die kinders gaan dan 3 of 4 wedstryde speel om uit te help.
Hier is die Bepalings as volg:
Bepalings vir Week 1
Muldersdrif vs Horison
Krugersdorp Noord vs Curro Krugersdorp
Roodekrans vs Kenmare
Bepalings vir Week 2
Krugersdorp Noord vs Roodekrans
Curro Krugersdorp vs Horison
Muldersdrif vs Kenmare
Bepalings vir Week 3
Curro Krugersdorp vs Roodekrans
Muldersdrif vs Krugersdorp Noord
Horison vs Kenmare
Bepalings vir Week 4
Roodekrans vs Horison
Kenmare vs Krugersdorp Noord
Curro Krugersdorp vs Muldersdrif
Bepalings vir Week 5
Kenmare vs Curro Krugersdorp
Horison vs Krugersdorp Noord
Roodekrans vs Muldersdrif
Dankie vir almal se hulp.
Waardeer dit. Julle is goud werd vir julle skole en vir SKAAK!
SJ Breytenbach